Waaroor gaan die stories?

 

Vier jaar gelede moes die ambisieuse polisieman, Alexander Hinkel, weens 'n skietwond in die bobeen, uittree. Nou, effens verbitterd en sinies oor die lewe, woon Hinkel in 'n verwaarloosde studio-woonstel in die middestad van Agrippa. Hy hou homself besig as vryskut-speurder, en dis veral sy vorige kollega, kaptein Robert Flint, wat dikwels sy hulp inroep wanneer die polisie vasdraai met 'n moordondersoek. Hinkel het 'n fyn waarneming en 'n aanvoeling vir mense. Hy roem homself daarop dat sy superpower is om te weet wanneer iemand vir hom lieg.

 

In die eerste novelle reeds kruis Hinkel se paaie met dié van die aantreklike boksklub-eienaar, Janke Lofstat. Al kom sy uit 'n rykmanshuis, het Janke het 'n paar spoke van haar eie, o.a. 'n onstuimige verlede en verdagte bande met die bendeleiers in Agrippa. Omdat hy haar nie kan lees nie, is Hinkel aanvanklik skugter vir haar. Maar sy aangetrokkenheid tot Janke, en haar uitsonderlike oog vir detail, maak dat hy haar al hoe meer spasie in sy ondersoeke toelaat, Én in sy gedagtes.

 

Elke novelle in die Hinkel-reeks is 'n spannende murder mystery wat op sy eie gelees kan word, maar daar is tog temas wat deurloop, soos die verhouding tussen Hinkel en Janke, en die raaisels van hierdie twee hoofkarakters se verledes waarop die leser bietjie vir bietjie antwoorde kry.

 

Mans én vroue sal die Hinkel-reeks geniet, en dis stories wat, ten spyte van die donker onderwêreld van misdaad in Agrippa, jy met 'n geruste hart vir jou jonger lesers ook kan aangee. Dit is vol raaisels, humor, en Anna Emm kry dit reg om die stories skoon te hou van ontstellende onderwerpe en eksplesiete taal.

Wat sê die lesers?

 

"Weereens 'n skitterende storie uit die pen van Anna Emm. Ek is mal oor die novelles. Dit lees lekker vinnig sonder om kwaliteit in te boet..." - Surene

 

"Hoofkarakters is amazing. Baie intrigues, laat jou die heeltyd dink en wonder... Love! Next..." - Suzette

 

"What an excellent crime story. Enjoyed every page of it. It had me right from the start, and the end was very surprising!!! Thank you, Anna Emm!" - Kobo Reader

 

"Love every minute of these books in the Hinkel series! Easy reading, relaxing and always interesting..." - Lydia

Hoe lees ek dit?

 

Stap 1: Installeer the Kobo Reader App op jou foon of tablet, maak dit oop en skep 'n account - dis gratis.

Stap 2: Gaan na https://www.kobo.com/za/en/ebook/die-dooie-danser en kliek op Add to my books om "Die dooie danser" by jou library te voeg. (Jy sal gevra word om in te log met jou Kobo login details wat jy vir die app geskep het.)

Stap 3: Maak nou die Kobo-app op jou foon of tablet oop. Die boek behoort outomaties af te laai, anders kan jy net kliek op Sinc om dit af te laai.

Stap 4: Kliek op die boek om dit oop te maak. LEKKER LEES!

Titels in die reeks:

 
Hink_1_cover.png
Hink_groen.png
Hink_3_cover.png
Hink_4_cover.png
Hink_5_cover.png
Hink_6_cover.png
Hink_7_cover.png
Hink_8_cover.png
Hink_9_cover.png
Hink_10_cover.png

©2020 by ANNA EMM

  • Facebook

Follow me on Facebook

  • Instagram

Follow me on Instagram

  • Twitter

Follow me on Twitter

Contact:

Email: news@annaemm.com

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now