top of page

Die 72-uur reeks

Soms leef 'n mens jou hele lewe sonder dat iets verander. En dan skielik, binne 72 uur, verander alles handomkeer. Die 72-uur reeks is sewe losstaande stories wat elk afspeel binne drie dae.

Die 72-uur 01 Missie.png
Die 72-uur 02 Troue.png
Die 72-uur 03 Vonnis.png
Die 72-uur 04 Leuen.png
Die 72-uur 05 Storm.png
Die 72-uur 06 Guns.png
72-uur Plan cover image3.png
72-uur reeks

Klub Katastrofe

Daar is 'n sprokie oor 'n kat wat vir sy baas geluk gebring het...

 

Net jammer sulke dinge gebeur nie in die regte lewe nie, want die vier lede van Klub Katastrofe, 'n klub vir social misfits, kan doen met 'n bietjie geluk, veral as dit by die liefde kom. Tydens die weeklikse vergaderings speel hulle poker – 'n gevaarlike spel van luck, chance, risk … en oor die beste maak van die hand wat vir jou gedeel is. Toe die kat egter op 'n dag opdaag, begin die lede van Klub Katastrofe se geluk die een na die ander draai. Maar dis net 'n storie... Of ís dit?

Klub Katastrofe 01 Tinka.png
Klub Katastrofe 02 Lizbe.png
Klub Katastrofe 03 Charlotte.png
Klub Katastrofe 04 Quinn.png
Klub katastrofe reeks

Gran Via

Daar is 'n woonstel in Kaapstad met die naam Gran Via. Daar loop 'n storie dat almal wat in hierdie woonstel bly, ware liefde vind.

Gran Via 01 Skildery.png
Gran Via 02 Droom.png
Gran Via 03 Pad.png
Gran Via 04 Kantoor.png
Gran Via reeks

Die Greyson-probleem

Drie-en-twintig jaar gelede het Max en Fiona drie seuntjies aangeneem en hulle grootgemaak as deel van die suksesvolle Greyson-empire. Nou is hierdie seuns onafhanklike, aantreklike, intelligente mans wat elk in eie reg 'n aanwins is vir die besigheid. Daar is net één probleem: nie een van hulle lyk asof hulle enigsins belangstel in die string gewillige meisies wat enigiets sal doen om die volgende mevrou Greyson te word nie.

 

Wat is fout met die Greyson-mans dat hulle nie tot trou kan kom nie?

Greyson_01 Amalie.png
Greyson_02 Nikita.png
Greyson_03 Este.png
Greyson reeks

Die Sexy Bistro

Ná haar dood laat Erika Bunting haar drie vriendinne met 'n ongewone versoek: dat hulle die ding sal doen waaroor die vier van hulle jare lank net gedroom het. Hulle moet 'n restaurant oopmaak, en hulle moet dit Die Sexy Bistro noem. Maar vreemde dinge gebeur wanneer mens eers begin om jou drome na te jaag...

Sexy Bistro 01 Bestuurder.png
Sexy Bistro 02 Sjef.png
Sexy Bistro 03 Ontwerper.png
Sexy Bistro reeks
bottom of page